Jesus, die Barmhartige Samaritaan

Standard

Gebroke staan ek hier voor U
Met ‘n pyn in my hart wat nie wil opdroog nie
‘n Dam wat opwel in my binneste
O Here ek het U so nodig
Ek het U so nodig
Jesus ek het U so nodig
My siel skree uit
Kom maak my vry
Kom breek die kettings in my

By U voete val ek neer
Die skerwe van my hart kletter op die
Koue vloer van hierdie wêreld
Ons almal stry teen hierdie donkerte wat ons wil insuig
Die enigste lig is U
Die enigste genesing is U

Jesus, die Barmhartige Samaritaan
Kom verbind my wonde
Was my wonde met U wyn
Bring herstel in my lewe net soos wat U kan

Elviera Schreuder
11 April 2016

Leave a comment