Woorde wat Vloei

Standard

Hoekom vloei woorde altyd? Dis soos legato strome. Maar wat van die dag as hulle begin spring? Sal dit dalk wees soos staccato note of ‘n ‘tap dancer’ op ‘n hout tafel? Of dalk soos ‘n Maasai tiener wat spring want dit amuseer ‘n westerling?
Kan woorde dalk wees soos ‘n groot rots wat afbreek en teen ‘n berg af rol? ‘n Rots wat pad maak vir nuwe dinge en ‘n harde impak maak wanneer hy tref.
Woorde kan baie meer doen as net vloei.
Woorde kan die koers van baie dinge verander.
Dit kan in die pad staan soos ‘n muur in ‘n kommunistiese land. Dit kan dinge uithou en ook inlaat.

Moet woorde nie onderskat nie. Die tong is ‘n klein vuurtjie wat drome kan afbrand en passie kan stook.

(C) 2014 Elviera Schreuder
15 September 2014, Polokwane, ZA

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s